Thursday, August 11, 2011

it's all in the detail



working in the boss' firm i quickly realized he only had a limited number of stories. with each new group of students that came through i was forced to listen to all the same stories and jokes over and over again and give the obligatory chuckle at the appropriate moment. to tell the truth it became a bit tedious towards the end. then one day he threw a curveball and caught me out.

i spent a lot of time and effort trying to make the surgical rotation fun and worthwhile for the students. i would teach them as much about surgery as i could, but i tried to emphasize life itself, rather than just surgery. there was a typical idea of the stereotypical surgeon and i confess i sometimes tried too hard to make sure i wasn't seen like that. i also had a feeling that we saved lives, but if those lives didn't actually go out and make the most of living, then what was the actual point of what we were doing? i tried to get the students to make the most of living and, as it were, to suck the marrow out of life. who knew, at any stage they might end up on the table under the knife with their lives in the balance. we all had better get on with living while there was still life for the living. i would quote movies and poems and recite the lyrics of songs and try to let everyone see that life needed to be actively lived. flowers waiting to be smelt needed to be sought along life's paths. on the whole most students enjoyed working with me.

so that day, towards the end of their rotation, when the boss asked a strange question, i had extreme confidence that my students would shine.

"so, what have you learned in this surgery rotation other than surgery?" asked the boss. inwardly i was smiling. all my students smiled outwardly immediately. they all thought they had struck gold by being in my firm and then being asked that question. but still it seemed tricky to answer.

"an appreciation of quotes from movies and poems as they pertain to life." ventured one. it was as if the boss didn't register.

"yes but what have you learned other than surgery?" i was confused. i mean the student had said nothing even remotely related to surgery or cutting or blood or any of the favourites of the department. it begged the question, what answer was the boss looking for? i confess, despite the fact that i thought i knew all his stories, i did not know where this story was going. it seemed to be a new one. i was even tempted to venture the answer, 'it seems, after all, that you can actually teach an old dog new tricks' but i knew this old dog still had bite and i thought better of it. the next student tried.

"we learned to really appreciate life and to live it to its fullest." i was proud. that was essentially what i aimed at teaching them. i felt i had achieved more than i dared hope for. the boss was unfazed. he went on as if he was deaf.

"yes, but what have you learned in this rotation above and beyond surgery?" i knew it was time to simply say we didn't know and wait for the 'pearls of wisdom to drop from the glorious lips of our most gracious master'. the pearls came rolling towards us swine.


"attention to detail." spake he. "attention to detail." it was his new mantra. i wondered where he had heard it. the good news was that i knew exactly what to tell the next group of students to answer when he asked the same question at the end of their rotation.


sure enough, towards the end of the rotation of the next group of students, once again the boss asked his new question. it seemed it would become a constant feature. this time i had given the students ample warning.


"well, prof, i think the main thing we learned, other than all the great surgery bongi taught us of course, is the importance of attention to detail." the prof's face lit up like a kid that had just been given a toy. i think he felt proud for some strange reason.


it was an evil smile that crept across my face.


Thursday, August 04, 2011

die taal


dit moes 'n misverstand gewees het, ek weet nie. watookal dit was het dit 'n slegte smaak in my mond gelos.


toe die nuwe regering oorgeneem het het hulle stelselmatig ontslaegeraak van alles wat hulle geassosieer het met die ou regering. een van die dinge wat moes waai was afrikaans. volgens hulle was dit blykbaar sleg vir een of ander rede. ek het nie saamgestem nie. so toe ons afrikaanse prof druk op ons uitgeoefen het om net engels te gebruik by alle amptelike vergaderings het ek hom min of meet geignoreer. ek onthou 'n saalrondte 'n maand of twee daarna.

ek was die senior kliniese assistent in die prof se firma. volgens sy nuwe beleid het hy net engels op die rondte gepraat. tussen die pasiente, as hy net met my gepraat het het hy wel afrikaans gepraat. dit was natuurlik sy moedertaal. ek het al sy engelse vrae in afrikaans geantwoord en al die pasiente in afrikaans voorgedra. hoe meer hy probeer het om vir my die boodskap oor te dra dat ek engels moes praat hoe meer het ek volgehou om afrikaans te praat. by omtrend die derde pasient kon hy homself nie meer inhou nie.

"bongi, speak english. why do you refuse to speak english on rounds?"

"prof, my english is perfect. i don't have any reason to practise it." het ek in engels geantwoord.

hy was kwaad, maar hy het dit redelik goed weggesteek.

'n maand of wat daarna was ons almal by een van ons m&m bespreekings. die was 'n gesamentlike m&m met die vaskulere departement. die prof van vaskuler het ook sterk gevoel oor die taal beleid, maar sy gevoel was presies die teenoorgestelde van die prof s'n. hy het gevoel ons moet aangaan om afrikaans te praat in die universiteit, want engels was klaar so dominant in die land as 'n mens nie moeite gedoen het om afrikaans as 'n taal wat op 'n tersiere vlak goed kon funksioneer op daardie vlak te hou nie, sou dit vinnig agteruitgaan. ek het met hom saamgestem. baie van die afrikaans spreekende studente het klaar gesukkel om pasiente in afrikaans voor te dra, self as hulle aan 'n afrikaanssprekende dokter voorgedra het. hulle het medisyne in engels geleer en kon nie mediese afrikaans praat nie.

die m&m het voortgegaan. toe dit die beurt van die vaskulere kliniese assistent was om sy pasient voor te dra het hy in engels begin. onmiddelik het die vaskulere prof iets op 'n stukkie papier geskryf en dit vir sy kliniese assistent gegee. die kliniese assistent het dit gelees en onmiddelik in afrikaans oorgeslaan. dit was nie nodig om einstein te wees om te weet wat op daardie stukkie papier gestaan het nie. sy prof het duidelik vir hom opdrag gegee om afrikaans te praat en hy het wel so gemaak. die res van die vaskulere gedeelte van die m&m het min of meer gegaan soos my saalrondtes met die prof. die prof het al sy vrae in engels gevra en die vaskulere kliniese assistent en prof het albei alles in afrikaans geantwoord. dit was vir my nogal komieklik. na die m&m het ek maar aangegaan met my lewe.

omtrend 'n uur later het die vaskulere kliniese assistent vir my gebel.

"bongi, daar is groot kak in die land," het hy gese. "die prof het my vaskulere prof ingeroep en ordentlik in sy broek gekak oor die feit dat mense in sy departement weier om net engels te praat by enige bespreking of saalrondte. hy het drie kliniese assistente uitgesonder. dis ek en jy en dr b (ek het al van hom geskryf). natuurlik het my prof vir ons al drie opgekom en toe ek uitgejaag is was hulle amper op die punt om mekaar te lyf te gaan. hoe dit ookal sy dis blykbaar ons drie wat die prof se woede gaan voel. hy het self gese dat as ons volhou om te weier om engels te praat gaan hy bedank as hoof van die departement."

ek kon dit nie glo nie. in een opsig het ek amper trots gevoel dat ek so 'n invloed gehad het oor die prof dat hy 'n persoonlike beroepsbesluit sou maak gebaseer op my doen en late. maar eintlik was dit nooit my plan om soveel aandag van die grootkoppe te lok nie. daardie tiepe aandag was nooit 'n goeie ding nie.

"hy kan seker bedank as hy wil." het ek vir my mede beskuldigde gese, maar toe onthou ek wie in sy plek sou oorneem. ons prof het sy probleme, maar tog was hy beter as die moontlike alternatief. moontlik was die beste ding om maar engels te begin praat.

die volgende week by die m&m was ek 'n bietjie verbaas om te sien dat my vriend en kollega, dr b sy gevalle in afrikaans voorgedra het. dit was weer die geval van die prof wat sy vrae in engels gestel het en my vriend wat alles in afrikaans geantwoord het. tog as dit die prof geirriteer het, het hy dit goed weggesteek.

onmiddelik na die bespreking het ek met my vriend gaan praat.

"b, is jy mal?" vra ek toe. "na verlede week se storie, hoekom weier jy om engels te praat." hy het effens geglimlag toe hy geantwoord het.

"ek weet nie wat die prof se fokken probleem is nie. voor verlede week het ek nooit afrikaans gepraat by al die amptelike besprekings nie. ek het wel engels gepraat. en tog is ek een van die ouens wat in die kak beland het. wel, nou het ek klaar die straf gekry omdat ek afrikaans gepraat het al het ek dit nie eintlik gedoen nie. omdat die straf klaar uitgedeel is moet ek dit darem die moeite werd maak. daarvoor se ek nou vir jou, ek sal nooit weer engels in hierdie plek praat nie!"

en volgens my kennis het hy nie.