Showing posts with label academic rounds. Show all posts
Showing posts with label academic rounds. Show all posts
Thursday, August 04, 2011
die taal
dit moes 'n misverstand gewees het, ek weet nie. watookal dit was het dit 'n slegte smaak in my mond gelos.
toe die nuwe regering oorgeneem het het hulle stelselmatig ontslaegeraak van alles wat hulle geassosieer het met die ou regering. een van die dinge wat moes waai was afrikaans. volgens hulle was dit blykbaar sleg vir een of ander rede. ek het nie saamgestem nie. so toe ons afrikaanse prof druk op ons uitgeoefen het om net engels te gebruik by alle amptelike vergaderings het ek hom min of meet geignoreer. ek onthou 'n saalrondte 'n maand of twee daarna.
ek was die senior kliniese assistent in die prof se firma. volgens sy nuwe beleid het hy net engels op die rondte gepraat. tussen die pasiente, as hy net met my gepraat het het hy wel afrikaans gepraat. dit was natuurlik sy moedertaal. ek het al sy engelse vrae in afrikaans geantwoord en al die pasiente in afrikaans voorgedra. hoe meer hy probeer het om vir my die boodskap oor te dra dat ek engels moes praat hoe meer het ek volgehou om afrikaans te praat. by omtrend die derde pasient kon hy homself nie meer inhou nie.
"bongi, speak english. why do you refuse to speak english on rounds?"
"prof, my english is perfect. i don't have any reason to practise it." het ek in engels geantwoord.
hy was kwaad, maar hy het dit redelik goed weggesteek.
'n maand of wat daarna was ons almal by een van ons m&m bespreekings. die was 'n gesamentlike m&m met die vaskulere departement. die prof van vaskuler het ook sterk gevoel oor die taal beleid, maar sy gevoel was presies die teenoorgestelde van die prof s'n. hy het gevoel ons moet aangaan om afrikaans te praat in die universiteit, want engels was klaar so dominant in die land as 'n mens nie moeite gedoen het om afrikaans as 'n taal wat op 'n tersiere vlak goed kon funksioneer op daardie vlak te hou nie, sou dit vinnig agteruitgaan. ek het met hom saamgestem. baie van die afrikaans spreekende studente het klaar gesukkel om pasiente in afrikaans voor te dra, self as hulle aan 'n afrikaanssprekende dokter voorgedra het. hulle het medisyne in engels geleer en kon nie mediese afrikaans praat nie.
die m&m het voortgegaan. toe dit die beurt van die vaskulere kliniese assistent was om sy pasient voor te dra het hy in engels begin. onmiddelik het die vaskulere prof iets op 'n stukkie papier geskryf en dit vir sy kliniese assistent gegee. die kliniese assistent het dit gelees en onmiddelik in afrikaans oorgeslaan. dit was nie nodig om einstein te wees om te weet wat op daardie stukkie papier gestaan het nie. sy prof het duidelik vir hom opdrag gegee om afrikaans te praat en hy het wel so gemaak. die res van die vaskulere gedeelte van die m&m het min of meer gegaan soos my saalrondtes met die prof. die prof het al sy vrae in engels gevra en die vaskulere kliniese assistent en prof het albei alles in afrikaans geantwoord. dit was vir my nogal komieklik. na die m&m het ek maar aangegaan met my lewe.
omtrend 'n uur later het die vaskulere kliniese assistent vir my gebel.
"bongi, daar is groot kak in die land," het hy gese. "die prof het my vaskulere prof ingeroep en ordentlik in sy broek gekak oor die feit dat mense in sy departement weier om net engels te praat by enige bespreking of saalrondte. hy het drie kliniese assistente uitgesonder. dis ek en jy en dr b (ek het al van hom geskryf). natuurlik het my prof vir ons al drie opgekom en toe ek uitgejaag is was hulle amper op die punt om mekaar te lyf te gaan. hoe dit ookal sy dis blykbaar ons drie wat die prof se woede gaan voel. hy het self gese dat as ons volhou om te weier om engels te praat gaan hy bedank as hoof van die departement."
ek kon dit nie glo nie. in een opsig het ek amper trots gevoel dat ek so 'n invloed gehad het oor die prof dat hy 'n persoonlike beroepsbesluit sou maak gebaseer op my doen en late. maar eintlik was dit nooit my plan om soveel aandag van die grootkoppe te lok nie. daardie tiepe aandag was nooit 'n goeie ding nie.
"hy kan seker bedank as hy wil." het ek vir my mede beskuldigde gese, maar toe onthou ek wie in sy plek sou oorneem. ons prof het sy probleme, maar tog was hy beter as die moontlike alternatief. moontlik was die beste ding om maar engels te begin praat.
die volgende week by die m&m was ek 'n bietjie verbaas om te sien dat my vriend en kollega, dr b sy gevalle in afrikaans voorgedra het. dit was weer die geval van die prof wat sy vrae in engels gestel het en my vriend wat alles in afrikaans geantwoord het. tog as dit die prof geirriteer het, het hy dit goed weggesteek.
onmiddelik na die bespreking het ek met my vriend gaan praat.
"b, is jy mal?" vra ek toe. "na verlede week se storie, hoekom weier jy om engels te praat." hy het effens geglimlag toe hy geantwoord het.
"ek weet nie wat die prof se fokken probleem is nie. voor verlede week het ek nooit afrikaans gepraat by al die amptelike besprekings nie. ek het wel engels gepraat. en tog is ek een van die ouens wat in die kak beland het. wel, nou het ek klaar die straf gekry omdat ek afrikaans gepraat het al het ek dit nie eintlik gedoen nie. omdat die straf klaar uitgedeel is moet ek dit darem die moeite werd maak. daarvoor se ek nou vir jou, ek sal nooit weer engels in hierdie plek praat nie!"
en volgens my kennis het hy nie.
Monday, May 11, 2009
the leroy-burnell syndrome

when we were in medical school as with all medical students we were bombarded with many new words. not the least of these were the myriad of syndromes. and each syndrome had symptoms that overlapped with pretty much every other syndrome. it was one large conglomeration of new words all mixed together.
but there were a few other things we noticed. firstly every syndrome worth its salt had a double barrelled name with a hyphen in between. exotic sounding names worked better than simple names like mark or john. also the more symptoms associated with a syndrome the better the syndrome was.
and thus we invented the leroy-burnell syndrome. the name was perfect. and seeing that we used it to explain any conglomeration of symptoms that we could not otherwise bring to a diagnosis, any symptom known to man could be attributed to our neologistic syndrome. (if only house md had known about this syndrome the episodes would all be half the length.) if we had no idea about a patient, my clinical partner would lean across and say,
"this is a classical case of leroy-burnell syndrome." and doff his head intellectually. if the prof was not looking we would laugh.
then one day we were doing our usual ward chores in internal medicine. a group of fourth years came in with a rotating consultant. the consultant lead them to a patient. he told them to examine the patient and make a diagnosis. he would be back in 30min to discuss the case with them.
as fourth years generally were they seemed a bit nervous about direct patient contact. finally they drew the curtain and one approached the patient.
it was about then that my clinical partner decided to 'help'. he stuck his head through the curtain and said.
"you guys, this patient has the leroy-burnell syndrome so make sure you don't miss that. but don't worry, the clinical signs are easy to pick up. good luck!"
the gratitude on the nervous face of the fourth years was clear as they simultaneously thanked my friend for his kind gesture and reached for their pocket references to look up the leroy-burnell syndrome. it seems they hadn't come across it in their studies yet.
i turned away to hide my laugh. i was imagining the pride on the unsuspecting face of the fourth year when he announces to the consultant that this was a classic case of leroy-burnell syndrome.
Subscribe to:
Posts (Atom)

